6
- 68-95-99.7 reël
-
Beskryf die beginsel dat 68% van alle waardes binne een standaardafwyking van die gemiddelde val, 95% val binne twee en 99.7% val binne drie standaardafwykings. Omgekeerd, in die meeste gevalle val 0.3% van die waardes meer as drie standaardafwykings bo of onder die gemiddelde.
⊗
Deutsch, English, Español, Français, Português, اَلْعَرَبِيَّةُ
A
- absolute fout
-
Die absolute fout is die absolute waarde van die verskil tussen die waargenome- en die korrekte waarde. Die absolute fout is gewoonlik van minder waarde as die relatiewe fout.
⊗
Deutsch, English, Español, Français, Português, اَلْعَرَبِيَّةُ
- absolute resultaat (van 'n toets)
-
Die waarde wat deur ‘n toets gegenereer is. Indien dié waarde gelyk is aan die verwagte resultaat, is die toets suksesvol; as die twee waardes verskil het die toets gefaal.
⊗
Deutsch, English, اَلْعَرَبِيَّةُ
- absolute roete
-
‘n Roete wat dieselfde posisie in die lêerstelsel aandui ongeag die posisie vanwaar dit geëvalueer word. Die absolute roete is die ekwivalent van lengtegraad en breedtegraad in geografie.
→
relative_path
⊗
English, Español, Français, Português, اَلْعَرَبِيَّةُ
- absolute rynommer
-
Die opeenvolgende indeks van ‘n ry in ‘n tabel, ongeag die gedeelte van die tabel wat vertoon word.
⊗
Deutsch, English, Español, Português, اَلْعَرَبِيَّةُ
- abstrakte metode
-
‘n Metode, in objekgeoriënteerde programmering, wat gedefiniëer maar nie geïmplementeer is nie. Programmeerders sal ‘n abstrakte metode in ‘n voorsaatklas definiëer wat in nasaatklasse geïmplementeer moet word.
⊗
Deutsch, English, Português, اَلْعَرَبِيَّةُ
- abstrakte sintaksisontledingsboom
-
‘n Diepgeneste datastruktuur, of boom, wat die struktuur van ‘n program verteenwoordig. Byvoorbeeld, as die abstrakte sintaksontledingsboom ‘n nodus het wat ‘n
doen
terwyl-lus verteenwoordig wat met een naasaatontledingsboom die lustoestand verteenwoordig en ‘n ander nasaatontledingsboom wat die lusraam verteenwoordig.
⊗
English
- afgooiware
-
Sagteware wat nie meer onderhou word nie.
⊗
Deutsch, Bangla, English, Español, Français, Português, اَلْعَرَبِيَّةُ
- aggregaatfunksie
-
‘n Funksie wat ‘n groep waardes saamvoeg, bv.
sum
(summering) en max
(maksimale waarde)
⊗
English, Español, Français, Português
- algoritme
-
‘n Algoritme is ‘n stel instruksies wat gevolg moet word om ‘n spesifieke taak uit te voer.
⊗
English, Español, Français
- aliasering
-
Om twee of meer verwysing na dieselfde ding te hê, soos byvoorbeeld meer as een verwysing na ‘n datastruktuur in geheue of na ‘n lêer op ‘n skyf.
⊗
English
- anker
-
In ‘n gewone (reguliere) uitdrukking, is ‘n anker ‘n simbool wat ‘n posisie aandui, bv.
^
dui die begin van ‘n lyn aan en $
dui die einde van ‘n lyn aan. ‘n Uidrukking soos bv. ^Die
anker die soektog na die woord Die
aan die begin van die lyn.
⊗
English, Español, Français, Português
- anonieme funksie
-
‘n Funksie waaraan daar nie ‘n naam toegeken is nie. Anonieme funksies is gewoonlik baie kort en word gewoonlik gedefinieer waar hulle gebruik word bv. in die geval van ‘n terugskakelfunksie.
⊗
English, Français, اَلْعَرَبِيَّةُ
- anti-koppeling
-
‘n Koppeling wat rye in tabel A bevat wie se sleutels nie die sleutels van tabel B bevat nie.
→
anti-koppeling, cross_join, full_join, inner_join, left_join, right_join, self_join
⊗
English, Español
- argument
-
Die term moet nie verwar word met parameter nie en is ook nie ‘n sinoniem daarvoor nie. ‘n Argument is die spesifieke waarde wat aan ‘n funksie verskaf word in ‘n lys van waardes wat deur kommas geskei word Die term moet nie verwar word met parameter nie en is ook nie ‘n sinoniem daarvoor nie. ‘n Argument is die spesifieke waarde wat aan ‘n funksie verskaf word in ‘n lys van waardes wat deur kommas geskei word. Parameters is die veranderlikes en argumente is die waardes wat aan die veranderlikes toegeken is.
⊗
English, Español, Português, اَلْعَرَبِيَّةُ
- ASCII
-
‘n Standaard manier om karakters wat algemeen in Wes-Europese tale gebruik word, voor te stel as 7- of 8-bis heelgetalle. ASCII word vervang deur Unicode.
⊗
English
- asinchronies
-
Asinchronies is die teenoorgestelde van sinchronies wat beteken dat twee of meer aktiwiteite tergelykertyd plaasvind. In programering is ‘n asinchorniese bewerking ‘n bewerking wat onafhanklik van ‘n ander een plaasvind.
→
synchronous
⊗
English
- assosiatiewe skikking
-
Sien woordeboek.
⊗
English
B
- bekostigbaarheid
-
‘n Eienskap van iets wat aandui hoe dit gebruik kan word, bevoorbeeld ‘n lêerhanteerder of ‘n knoppie.
⊗
English
- bewering
-
‘n Boole-uitdrukking wat waar moet wees op ‘n spesifiek plek in ‘n program. ‘n Bewering kan ingebou wees in ‘n programmeertaal (bv. Python het ‘n ingeboude beweerstelling - assert) of dit kan voorsien word as ‘n funksie (bv. R gebruik
stopifnot
). Bewerings word dikwels gebruik gedurende die toetsfase van sagtewareontwikkeling maar dit word ook gebruk in produksieskode om te bevestig dat die kode reg werk. In sommige tale moet die gebruik van bewerings as ‘n datageldigheidstoets vermy word aangesien sommige kompileerders en interpreteerders die bewering stilweg weggooi onder optimeringsvoorwaardes. Die gebruik van bewerings vir bevestiging van datageldigheid kan dus sekuriteitsrisikos veroorsaak. R het nie ‘n beweringstelling wat gedeaktiveer kan word nie en dus sal die gebruik van ‘n pakket soos ‘assertr’ vir datageldigheid nie sekuriteitsgapings skep nie.
⊗
English
- byvoeg modus
-
Om data aan die einde van ‘n lêer te voeg in plaas daarvan om die inhoud van dielêer te oorskryf. Oorskryf is die verstek, wat beteken dat meesteprogrammeertale verwag dat programme eksplisiet moet aandui dat daar bygevoeg inplaas van oorskryf moet word.
⊗
English
C
- chi-kwadraattoets
-
‘n Statistiese metode om te bepaal of twee veranderlikes in ‘n kruistabellering gekorreleerd is. ‘n Chi-kwadraatverdeling wissel vanaf ‘n normale verspreiding gebaseer op die vryheidsgrade wat gebruik word om dit te bereken.
⊗
English
D
- datawetenskap
-
Die kombinasie van statistiek en programmering wat gebruik word om kennis vanuit data te ontgin.
⊗
English, Português
- datawetenskaplike
-
Iemand wat programmeringsvaardighede gebruik om statistiese probleme op te los.
⊗
English, Português
E
- eienskap
-
‘n Naam-waarde paar wat verband hou met ‘n voorwerp en gebruik word om metadata omtrent die voorwerp te stoor, bv. die afmetings van ‘n skikking.
⊗
English, Français
G
- gemiddeld
-
Die gemiddelde waarde van ‘n datastel, beter bekend as die rekenkundige gemiddeld om dit van die meetkundige en die harmoniese gemiddelde te onderskei.
→
mediaan, modus
⊗
English, Português
H
- histogram
-
‘n Grafiese voorstelling van die verspreiding van ‘n data, gewoonlik ‘n vertikale staafgrafiek.
⊗
English
K
- kognitiewe lading
-
Die hoeveelheid werkgeheue wat nodig is om ‘n stel gelyktydige take te verrig.
⊗
English
- korrelasie
-
Hoe sterk twee veranderlikes met mekaar ooreenstem. Korrelasie word gewoonlik gemeet aan die berekening van ‘n korrelasiekoëffisiënt, maar impliseer nie oorsaaklikheid.
⊗
English, Português
- korrelasiekoëffisiënt
-
‘n Maatstaf van hoe sterk gekorreleer twee veranderlikes is. As die korrelasiekoëffisiënt tussen X en Y gelyk is aan 1.0, dui dit aan dat X die perfekte voorspelling van Y is. As die korrelasiekoëffisiënt 0,0 is, dui dit aan dat X nie verwant is aan Y nie. As dit -1,0 is, dan voorspel X vir Y, maar verandering in X veroorsaak ‘n teenoorgestelde verandering in Y.
⊗
English, Português
- kovariansie
-
Hoe goed twee veranderlikes met mekaar ooreenstem. Die korrelasiekoëffisiënt is ‘n genormaliseerde maatstaf vir kovariansie.
⊗
English, Português
L
- lenige ontwikkeling
-
‘n Sagteware-ontwikkelingsmetode wat die klem lê op vele klein stappies en deurlopende terugvoering in plaas van vooraf beplanning en langtermyn skeduluering. Verkennende programmering is dikwel lenig.
⊗
English, Español, Português
- lineêre regressie
-
‘n Metode om die beste pas tussen twee datastelle te vind deur die vierkante van die afstande tussen die punte en ‘n regressielyn te minimaliseer.
→
logistiese regressie
⊗
English
- logistiese regressie
-
‘n Metode om ‘n model aan te pas tot data wat van logistieke (S-vormige) kurwes gebruik maak.
→
lineêre regressie
⊗
English
M
- maksimumaanneemlikheidsberaming
-
Om die parameters vir ‘n waarskynlikheids verdeling te verkry, te maksimeer.
⊗
English
- mediaan
-
‘n Waarde wat die boonste en onderste helfte van ‘n gesorteerde datastel skei. Die mediaan gee dikwels ‘n beter idee van wat tipies is vir die datastel as die mediaan, wat beïnvloed kan word deur ‘n klein aantal ekstreme uitskieters.
→
modus
⊗
English, Español
- model
-
‘n Spesifikasie van’n wiskundige verband tussen verskillende veranderlikes.
⊗
English
- modus
-
Die waarde wat die meeste in ‘n datastel voorkom.
→
gemiddeld, mediaan
⊗
English, Español
N
- NA
-
‘n Spesiale waarde wat gebruik word om data wat nie beskikbaar is nie, voor te stel.
→
null
⊗
English, اَلْعَرَبِيَّةُ
O
- outomatiese veranderlike
-
‘n Veranderlike waaraan daar outomaties ‘n waarde toegeken word in boureël. Byvoorbeeld, “Make” ken outomaties die naam van ‘n reël se teiken aan die outomatiese veranderlike, ‘$@’ toe. Outomatiese veranderlikes word dikwels gebruik tydens die skryf van patroonreëls.
→
makefile
⊗
English
- outomatiese voltooing
-
‘n Funksie wat ‘n gebruiker toelaat om ‘n woord of ‘n kode vinnig te voltooi deur die TAB sleutel te druk om ‘n lys van moontlike woorde of kodes te vertoon waaruit die gebruiker kan kies.
⊗
English, Français, Português
R
- rekenkundige gemiddelde
-
Sien gemiddelde.
⊗
English, Español, Português
S
- samevoeging
-
Om ‘n groep waardes in een te kombineer bv. om ‘n versameling getalle op te som of om ‘n versameling alfabetiese stringe aaneen te skakel.
⊗
English, Español, Français, Português
T
- terugwaartse voortplanting
-
‘n Algoritme wat die gewigte wat in ‘n neurale netwerk gebruik word iteratief aanpas. Terugwaartse voortplanting word dikwels gebruik om gradiënte afdaling te implementeer.
⊗
English
- Toepassing Programmeerderkoppelvlak
-
n Versameling funksies en prosedures wat deur ‘n sagtewareprogrammateek of webdiens voorsien word vir gebruik deur ander toepassings om met die programmateek of webdiens te kommunikeer. Die API is nie die kode, die databasis of die bediener nie, dit is die koppelvlak.
⊗
English, Español
V
- vertrouensinterval
-
‘n Variasiewydte rondom ‘n beraming wat’n foutgrens aandui, gekombineerd met die waarskynlikheid
dat die werklike getal binne die skatting val.
⊗
English